The Genealogical Society of South Africa

NTvl-Stories

Soektog na Engelbrechtsdrif lewer verrassende resultate

Tydens die Argieftoer na Bloemfontein, het ek en n mede reisiger Rina Steenkamp, besef dat die inligting wat die dokumente in die Argief aan die lig gebring het net die eerste tree na die volgende stap was naamlik om self die plekke te gaan opsoek.
So het ons dan afgesit Heilbron toe waar albei van ons se voorouers vandaan gekom het. Rina het die dienste van n skitterende gids en uitstekende historicus van die omgewing, mev Quarta Pretorius bekom.Dit wat Quarta nie geweet het nie, het sy geweet wie weet.
Op my vraag na waar Engelbrechtsdrift was het sy my verwys na mnr Piet Lombaard. Engelbrechtsdrift was vir jarelank vir my n probleem. Kort voor my pa se dood, ongeveer vyftien jaar gelede, het ek hom en my ma op n reis om die Vaaldam geneem op soek na sy geboorte grond, hierdie geheimsinnige altyd ontwykende Engelbrechtsdrift. Sommige was selfs van mening dat die plek nou onder die waters van die Vaaldam was.
Maar Piet het geweet waar dit was:
Jarrrre gelede was daar n skooltjie op die plek, die Stofberg Gedenkskool. Ds AM Hofmeyr was destyds die leeraar. Weens die groepsgebiede wet van die Apartheidsera moes die skooltjie wat later swart predikante opgelei het, verskuif en die gevolglike besluit wat gemaak is was om die bestaande geboue in n tronk te omskep. Vandag is dit bekend as die Groenpunt Gevangenis. Wat destyds bekend was as Engelbrechtsdrif is nou op die terrein van die gevangenisdienste naby Denysville aan die oewers van die Vaaldam. Nog meer, Piet het ook geweet dat daar n familie begraafplaas op die terrein was en nog des te beter, het hy geweet waar om dit te vind.
Daar tussen die lang gras wat lank genoeg was om n olifant in te kon wegsteek was n tiental grafte, onder andere die graf van die stamvader Gerhardus Christoffel Engelbrecht en sy vrou Sara Johanna nooi Van Staden.
Piet het verder ook nog die oorspronklike kopie van De Kerbode Het Weekblad 1908 waarin die storie van die Stofberg Gedenkskool gepubliseer is. Daarby het hy ook kopieë van die notules van die ouer/onderwyser vergaderings waarin oa die naam van n ene PT Engelbrecht, seker my oupa-grootjie, genoem is.
Praat van LUCK ! This was my lucky day. Sonder geluk aan ons kant sou al hierdie dinge vir my geslote gebly het. Om toestemming te kon verkry om al die bogenoemde aktiwiteite te kon verrig moes Piet n epos aan die owerhede rig en nog wag vir n antwoord, nie alleen n antwoord nie maar daarby ook n gunstige antwoord.My dank aan elkeen wat hier genoem is en ek sal enige verdere inligting oor hierdie storie asook oor die Engelbrechts Engelbrechtsdrift verwelkom. My selnommer is 072 2829 878 en landlyn 012 253 0845.
Jeanne van der Merwe
Kilik op die foto's om te vergroot.
Could not open a directory stream for /home/familia/public_html/images/NTvlFotos/Engelbrecht/

Mattheus of Matthews

Geskryf deur Pieter Van Aardt

Die verandering van slegs een letter in ‘n van kan ‘n groot verskil maak en taamlik verwarring skep, veral as sterfkennisse van meer as sestig jaar gelede, die enigste bron van inligting is.

Hou ook in gedagte dat sommige van hierdie sterfkennisse handgeskrewe is en dus plek-plek moeilik leesbaar. In die vroeë jare tagtig, toe ek nog ‘n groentjie op die gebied van genealogie was, het ek ‘n geval teengekom wat my op daardie tydstip heeltemal in die war gehad het, ooglopend as gevolg van ‘n gebrek aan ondervinding.
Destyds was die TAB in die kelderverdieping van die Uniegebou gehuisves. Om daar navorsing te gaan doen, moes ek kantoortyd afknyp en gewoonlik was daar nie baie tyd beskikbaar nie. Daar was ook nie digitale kameras nie en kopiëring van dokumente was (sover ek kan onthou) nie beskikbaar nie. Gevolglik moes alle inligting in boedellêers, soos bv. op sterfkennisse, met die hand afgeskryf word terwyl ek in ‘n wedloop met die horlosie gewikkel was. Op ‘n dag kom ek toe op boedel nr. 1906/38 af. In die lêer was twee sterfkennisse. Die eerste (handgeskrewe) sterfkennis het die volgende inligting bevat:
Hendrik Petrus van Aardt known as Henry Matthews.
Vader: Willem Adriaan van Aardt  Salomina Catherina Mattheus Van Aardt Matthews
Moeder: Salomina Catherina Matthews (formerly Van Aardt) 
Ouderdom: 28 jaar 6 maande
Woonplek: 3de Laan 16, Orange Grove, Johannesburg
Single
Datum van dood: 21 Mei 1938
Geteken te Johannesburg 15 Junie 1938
S.C. Matthews Mother present at deathbed.
Skuins oor die sterfkennis is ‘n nota: See amended D/Notice

Die tweede (getikte) sterfkennis het soos volg gelui:
Henry Matthews (formerly known as Hendrik Petrus van Aardt)
Vader: Willem Adriaan van AardtMoeder: Salomina Catherina Matthews (formerly Van Aardt)
Ouderdom: 28 jaar 6 maande
Woonplek: 3de Laan 16, Orange Grove, Johannesburg
Single
Datum van dood: 21 Mei 1938
Geteken op 16 Mei 1939 (handtekening onleesbaar)

Continue Reading

Ossewabrandwag

Klik op die foto's om te vergroot

Geskryf deur Sam Bach

Dit wil voorkom asof die onderwerp van ons Septemberbyeenkoms vir baie mense van groot belang was, want die Kunsgalery waar ons byeenkom, was gepak met bykans 150 mense. Dalk was dit ook omdat daardie deel van ons geskiedenis so verwaarloos was. Dit is hoe ons spreker Charl Blignaut (foto hieronder) sy aanbieding ingelei het.

"Die storie van die Ossewa-Brandwag is een wat redelik verwaarloos was tot die jare tagtig – en selfs tot vandag toe nog," het Charl Blignaut, bekroonde historikus verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus gesê.

According to Blignaut this history of a large number of our fellow Afrikaners was largely forgotten and found some expression only in obscure journals mainly perused by academics. His six years of study also highlighted the role of Afrikaner women in resisting the Smuts regime's war effort.

image

"Deur te fokus op spesifiek die rol van die Afrikanervroue wat deel van die Ossewa-Brandwag (OB) was, kan ek die historiese konteks van die OB skep, 'n beweging wat baie maklik misverstaan kan word."

Volgens Blignaut was die 100-jarige herdenking van die Groot Trek in 1938 die impuls vir die totstandkoming van die OB. Baie Afrikaners se oogmerk was destyds die herstel van die ou republikeinse ideaal, wat met die Anglo-Boereoorlog tot niet gegaan het. In die emosionele opwelling van die Eeufeesvierings oor die land heen was die OB se gestelde doelwitte dan ook die handhawing van taal en tradisie, die uitbou van Afrikaners se godsdienstige, kulturele en materiële belange en die kweek van vaderlandsliefde en nasietrots. "Dit was regtig 'cool' om 'n Afrikaner te wees," aldus Blignaut, "iets wat ons ons nouliks vandag kan indink."

The outbreak of the war in September 1939, only months after the OB's establishment, would change the character of this cultural movement virtually overnight into that of a resistance movement. This was because Afrikaners were bitter about being involved in a war in defense of Britain, almost a repeat of the 1914 Rebellion.

"Maar die OB kan nie met verregse organisasies vergelyk word nie," het Blignaut gesê. "Deur oppervlakkig na die beweging te kyk, soos om op sy simbole en militaristiese

image

struktuur te fokus, lei nie tot verstaan van die OB nie. Dit was 'n massavolksbeweging met intellektuele leierskap, wat hom vir ander kwessies beywer het as wat ons vandag in die gesig staar."

Weliswaar het die OB die Uniebestel verwerp, en was hy openlik anti-Brits en pro-Duits. "Maar hul leiers het op alle terreine intellektuele oplossings gesoek deur beleid oor maatskaplike, ekonomiese, opvoedkundige en ander kwessies te formuleer wat die Afrikaner ten nouste geraak het, veral bekamping van armoede onder Afrikaners," het Blignaut verduidelik.

In hierdie konteks het bekende Afrikanervroue, soos Erika Theron, Anna Neethling-Pohl, die skrywer MER en Emmie du Toit Steyn, dogter van oud-president MT Steyn 'n leidende rol gespeel – en ook lydende verset aangewakker. Deur protestoptogte, petisies en selfs ondergrondse optrede het hulle die regering ondermyn.

For instance, Anna Neethling-Pohl organised a protest march in June 1940 of 10 000 women from Church Square to the Union Buildings (This preceded the well publicised 1956 women's march, which is nowadays being celebrated as Women's Day – Ed.). She also staged impromptu theatrical shows as an effective front for secret OB meetings.

Volgens Blignaut word verkeerdelik op die radikale dimensie, waarin die Stormjaers deur geweld, veral sabotasie, die bewind wou oorneem en derhalwe deur die Smuts-regering vervolg is, gefokus. Dit is insiggewend dat die leier van die OB, Hans van Rensburg, nooit geweld voorgestaan het nie en ook nooit geïnterneer is nie. Die Stormjaers op hul beurt het ook nooit in die openbaar erken dat hulle tegelyk lede van OB was nie.

Blignaut explained that Potchefstroom was an important centre of OB activities, with some two-thirds of the university academics being members. This underscores the fact that the organisation had an intellectual grounding, unlike the 'brandy-and-coke' brigade that characterises many other far-right movements.

Hy het daarop gewys dat 400 000 Afrikaners, ongeveer een-derde van die destydse Afrikanerbevolking, lede van die OB was. Hulle kon baatvind by die OB se gereelde koerantjie wat vandag 'n insiggewende blik op die beweging se aktiwiteite gee. Inderdaad is hierdie bron, , insluitend foto's en meer as 3 000 artefakte wat tot onlangs by die universiteit in Potchefstroom bewaar is deel van die groot inligtingskat. Dit is intussen na die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument verskuif, waar dit op aanvraag vir navorsers beskikbaar gemaak kan word.

The membership lists that will soon be available in digital format could be an important source for genealogists, he said.

"Hierdie is deel van die geskiedenis van ons Afrikanervolksgenote, dog moet in konteks gesien word: dis hoog tyd dat ons nie meer skaam oor hierdie geskiedenis behoort te wees nie."

Blignaut wat tans aan sy doktorale proefskrif werk, het genoem dat sowat 40% van die OB-dokumentasie reeds gedigitaliseer is wat dit vir navorsers meer toeganklik begin maak. "Ons het egter nog fondse nodig om die res te digitaliseer," het hy ten slotte genoem.

(Die indeks van die OB se rekenariseerde inligting is in die Erfenissentrum se biblioteek beskikbaar vanwaar mens na die Erfenissentrum se argief kan gaan om die groot getal foto's van OB-geïnterneerdes van uitstekende gehalte op 'n rekenaar te sien. Red)

N-Tvl Tak se 2015 Simposium

Klik op die foto's om te vergroot

Noord-Transvaaltak se genealogie simposium ʼn "Wyer visie op Genealogiesebronne" is deur bykans 80 persone bygewoon. Vanaf die Noord-Westak in Potchefstroom het agt van hulle taklede insluitend die voorsitter Simon du Plooy gekom om dit by te woon en Belia van der Merwe wat al die pad van Mafikeng gery het, sê dat dit deur en deur die moeite werd was. Bob Saunders voorsitter van Wes-Gautengtak was ook teenwoordig.

MY RESEARCH ON THE GENEALOGY OF THE SUNBURNT QUEEN
The first speaker of the day was Hazel Crampton, the author of The Sunburnt Queen, a book that speaks of outstanding genealogical research in the Eastern Cape. In her very interesting speech she encouraged genealogist to read diaries

image

which was written in the 18th century where reference to Afrikaner names and their farms are to be found. The Cory Library in Grahams Town has a vast collection of old maps on which the original names of farms can be found. Between other noteworthy remarks she also pointed out that several well-known Afrikaner families in the Eastern Cape are decedents of Indian slaves who were castaways from the ships that wrecked along the Wild Coast and if you come to a dead end with your family tree, try the missionary stations for information because it could be that you will find the link of deliberately forgotten family there.

REGSDOKUMENTE AS GENEALOGIESE BRON
Neels Coertse was die tweede spreker en die kern van sy boodskap dat ʼn genealoog nie moet vaskyk teen wat in regsdokument soos

image

byvoorbeeld ʼn testament geskryf is nie. Dit wat nie daar staan nie is die eintlike storie. So byvoorbeeld kan mens nie aanvaar dat die weglating van ʼn kind as erfgenaam beteken dat hy/sy reeds oorlede is nie, maar dat dié kind onterf is! Enige regsdokument moet ook tussen die lyne gelees word want die ware storie lê agter die woorde wat op papier staan. Siviele sake het baie stories van familie en bure wat met mekaar moeilikheid opgetel het en dié verslae is ter insae in of die Nasionale Argief of een van die provinsiale argiewe of by die onderskeie howe self omdat dit relatief nuwe sake is of omdat daar nie bergruimte in die toegewysde argief is nie.

HOW TO ACCESS DATA IN FAMILY
Alder Stokes the director of the Family Search Centre at 5a Jubilee Road in Parktown explained on the hand of photos how to go about to visit their newly refurbished

image

centre. His his wife Sister Stokes did a step by step explanation of an internet search on https://familysearch.org/ The Centre is on the 1st Floor of the Africa Southwest Area Office, adjacent to the Johannesburg Temple of the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints. The Centre is open Tuesday to Fridays from 09:00 to 16:00 and on Saturdays 07:00 to 14:30. Parking is available in the guarded Area Office car park immediately west of the Temple car park area on Jubilee Road. Buzz for admittance at the 1st Floor entrance near the upper car park.

HOE BETROUBAAR IS MONDELINGE GESKIEDENIS?
Onbetroubaar, sê prof Christina Landman! Die vraag wat jy vir jouself kan afvra is waarom vertel die person sy storie soos wat hy/sy dit vertel?

image
Agter die onwaar verhaal lê pyn wat hulle probeer wegsteek of aandik. As onderhoudvoerder

moet jy ten alle tye ander mense se stories respekteer al weet jy dit is onwaar. Dit is hulle storie. Hulle wil dat jy goed van hulle dink. Mondelinge geskiedenis kan heilsgeskiedenis of onheilsgeskiedenis wees. Wat doen jy as jy die waarheid te wete kom en dat die ontbloting daarvan mense gaan seermaak? Dit is ʼn vraag waarmee genealoë dikwels gekonfronteer word.