The Genealogical Society of South Africa
  • Home
  • Compendium
  • General Interest

Compendium

Sterftekennisgewings en Boedelrekeninge - OVS

By hierdie skakel kan die eerste afdeling in wat mettertyd 'n reeks van ge├»ndekseerde Vrystaatse boedell├¬ers sal word, besigtig word. Die indeks is deur Jan van Jaarsveld opgestel. Hierdie dokument beslaan die indeksering van gegewens vervat in 104 boedelleers met betrekking tot inwoners van die Republiek Oranje Vrijstaat wat tussen 1846 en 1900 gesterf het. Die gegewens is ontrek uit mikrofilm no. 1367688 wat in die argief van "The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints" in Salt Lake City in die VSA geberg word. Volle erkenning word aan "The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints" wat die bron van die informasie is, verleen.

Klik Hier/Click Here

Voortrekker Troues-Jan van Jaarsveld

Jan van Jaarsveld het die lys van 52 huwellike wat skynbaar tussen 1838 - 1840 in die "laer" van Kommandant Generaal Andries Hendrik Potgieter voltrek is oorgeskryf uit die Huweliks Register van die Nederduits Hervormde Kerk te Potchefstroom. Volgens Ds Dirk van der Hoff is die lys opgestel uit "los bladsye" wat in 1853 deur "Ouderling Eloff" in Rustenburg ter hand gestel is. Afskrifte van die oorspronklike bladsye is aan die einde van die dokument aangeheg.
Klik hier om die Register te sien