Die skoolgebou was boeiend en ek het eers deur die hoofsaal van links na regs, en daarna deur 'n kamer wat omskep was in 'n klaskamer, gestap. Die lessenaars, onderwyser lessenaars en skoolklok was presies soos tant Isie beskryf het. Op die muur was foto's van oud-studente wat bekendheid verwerf het, veral Betsie Verwoerd (Schoombee) en Mara de Klerk, beide verwant aan ons. Maar die eerste hoendervel-oomblik was toe ek na 'n ou foto op die muur van' n sub-B-klas kyk en die gesig van my oupa, op die ouderdom van 7 jaar, herken. Ek was nogal emosioneel, maar het daarin geslaag om die kurator vir 'n afskrif te vra. Ek het toe in die gang af beweeg en op een muur het 'n foto van my grootoupa gehang. GJ Booyzen in die voorkant van sy winkel wat later afgebreek is. Met die foto was ek in staat om die presiese ligging van sy winkel vas te stel. Maar ook dit was 'n hoendervleis oomblik, totaal onverwags en ek was baie emosioneel toe ek gereël het vir 'n afskrif van hierdie foto. Weer na die groot saal, wat ek nou van regs benader het en toe het die oomblik my asemloos gelaat. Onbeskaamd erken ek dat ek in trane uitgebars het, want op die vloer het die lank verlore skildery van Kiewiet gelê. Die kurator het sakdoekies aangebied en geprewel "Ag shame" terwyl ek gehuil en foto's geneem het. Sommige van die besonderhede oor die skenking van Kiewiet en my groot tante was verkeerd en ek is verwys na mnr Coetzee, die nie amptelike dorp historikus wat op die museumkomitee dien. Hy het op sy beurt weer vir my 'n paar van die huise wat die familielede besit het, gewys. Hy was ook in staat om 'n paar van die legendes uit te klaar en inligting omtrent ander familielede te gee. Dit was van groot waarde vir my, en 'n middag vol hoendervel oomblikke.