The Genealogical Society of South Africa

pdf COERTSE Roelof: Nasate Register- Deur Neels Coertse Popular

2785 downloads

Download (pdf, 307 KB)

COERTSE Roelof Nasate Register GGSA 16 12 2014.pdf

Ek het op 19 April 2008 ‘n afskrif van Prof Dr P.J. COERTZE se GESLAGSREGISTER – COERTSE COERTSEN en COERTZEN [HAUM 1984] gekry en summier besluit om my eie navorsing te doen. Van die redes was dat COERTZE verskeie geslagte COERTSE’s uitgesny het en geen redes aangevoer nie. My eie lyn is uitgeknip. Op ‘n manier het ek twee van sy bronne gespoor en gemerk hy het reeds dáár begin om die stamboom te snoei. Hierdie bronne het die register ingrypend gewysig.
Ek staan net “pa” vir my eie navorsing wat vanaf 1801 tot 2014 dateer. Sommige inligting voor 1801 het ek uit COERTZE se boek gelig [“die COERTZE-inligting”]. Die leser sal merk dat die COERTZE-inligting die hoofstrome weergee.