The Genealogical Society of South Africa

pdf Bekker Families Mei 2013 - deur Ann Tiran en Johan Pottas Popular

18021 downloads

Download (pdf, 5.84 MB)

BEKKER Families Mei 2013.pdf

Die nageslag van Peter BEKKER is die grootste enkele BEKKER/BECKER familie in Suid-Afrika.
Peter BECKER/BEKKER * c. 1673 † Robben Eiland 26/08/1745 arriveer aan die Kaap op 16 April 1695 as soldaat in diens van die VOC aan boord die fluitskip “Voetboog”. Hy is die seun van Johannis Bekker *±1645. Hy was van Köningsberg, Duitsland afkomstig. 18 Mei 1697 [op ouderdom 24] is Pieter ‘n Vryburger te Drakenstein [Paarl]. x Johanna DE CLERCQ/DE KLERK ? Serooskerke (ook genoem Straatkerke) op Walcheren, 'n eiland in Seeland, Nederland 03/05/1676 (wed. v. Andries GOUS) dv Pieter DECLERCQ en Sara COCHET † voor 08/08/1757 Benewens die stamvader is daar alreeds 12 ander BEKKER stamvaders vasgestel.
Omdat die spelling wysig van BECKER en BEKKER is al twee ingesluit in die stamregister.
Daar is 56 BECKER stamvaders aangeteken.
Johan Pottas sê: slegs foute  in die register kan gewaarborg word...., alles wat reg is moet beskou word as 'n bonus en 'n dankie aan al die mense wat mildelik bygedra het sedert 2010.
Dit sal waardeer word as enige dupliserings/ wysigings/regstellings ens onder ons aandag gebring kan word. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.