Archive Crawl AFR croppedDie 2019 “Archive Crawl” in Gauteng was ʼn uitputtende week, maar vol nuwe dinge en genealogiese avontuur. Daar is hard gewerk, genoegsaam gekuier... en dit was baie warm.
Archive Crawl 1 
Archive Crawl 2 
Archive Crawl 3 
In die Transvaalse argief het beginners vir die eerste keer in boedellêers oorspronklike sterfkennisse, testamente en dies meer te siene gekry.  Ander het addisionele interessante inligting in ABO-eise, plaasregisters en ook inligting oor krygsgevangenes, gesneuweldes en meer gevind. Personeel het uit hul pad gegaan om hulp te verleen waar hulle kon en om die baie lêers nader te sleep.
National ArchiveIn die omvattende GGSA-boekery by die Erfenisstigting het deelnemers meer as 1 x die ‘missing link’ en ander leidrade gevind.  Die plaaslike GGSA-tak het vlytig bystand gelewer.
Om by die LDS in Parktown te kom het almal sommer ook hul eerste Gautrainrit ondervind. Daar aangekom was mens verbaas wat jy nóg alles oor FamilySearch kan leer en hoeveel inligting daar verborge lê.  Vir vele ʼn hoogtepunt.  Johannesburg se jakarandas het vir mooi foto’s gesorg.
jacaranda 
Lunch at LDS Jhb jacaranda on the way theretojpeg
Maar ʼn verrassing was die besoek by die Nasionale Biblioteek (grootste pligleweringsbiblioteek in die land).  Die geriewe, kundigheid en bereidwilligheid van personeel het na onverwagte bronne gelei.  Afskeid is geneem by Fort Schanskop met ʼn wonderlike uitsig oor Pretoria.
Archive Crawl 4 
The last at Kenmekaar at Voortrekker Monumentjpeg
 Archive Crawl 2
Deelnemeraanhaling 2019:
“Ons was verplig om voor te berei wat die besoeke prakties, nuttig en waardevol gemaak het.” Pieter van der Spuy