By hierdie skakel kan die eerste afdeling in wat mettertyd 'n reeks van geïndekseerde Vrystaatse boedellêers sal word, besigtig word. Die indeks is deur Jan van Jaarsveld opgestel. Hierdie dokument beslaan die indeksering van gegewens vervat in 104 boedelleers met betrekking tot inwoners van die Republiek Oranje Vrijstaat wat tussen 1846 en 1900 gesterf het. Die gegewens is ontrek uit mikrofilm no. 1367688 wat in die argief van "The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints" in Salt Lake City in die VSA geberg word. Volle erkenning word aan "The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints" wat die bron van die informasie is, verleen.

Klik Hier/Click Here