The Genealogical Society of South Africa
  • Home
  • Branch Activities

N-Transvaal Branch Activities

Randhere (Rand Lords) en hul Nalatenskap

Gavin McInnes'n Onbekende kant van die geskiedenis is tydens Juniemaand se takbyeenkoms belig toe Gavin McInnes oor die Randhere (Randlords) gepraat het. Hulle word gewoonlik as uitbuiters, opstokers en die mense wat die Anglo-Boereoorlog ingelei het, beskou. Is dit al wat hulle was? Gavin het 'n ander sy van die Randhere aan sy gehoor voorgestel.
Die begrip Randhere is nie net 'n ekonomiese term nie maar verwys ook na 'n magsterm en interessant genoeg is dit 'n foutiewe persepie dat hulle slegs Engelse nuutgevonde kapitalistiese elite was. 'n Groot aantal was Duitse Jode.
Die agtergrond waarteen die geskiedenis van die Randhere afspeel, is dat die boererepubliek in 1886 beswaarlik 'n lening van £5000 kon bekostig terwyl die Staatsreserwes nege jaar later op £4.2 miljoen gestaan het. President Kruger se salaris het van £3000 na £8000 vermeerder en Pretoria kon imposante geboue soos die Raadsaal en die Paleis van Justisie bekostig.
Die artikel is geskryf deur Rentia Landman.

klik hier om die volle prentjie te kry

Die Storie agter die Storie

Elke mens het 'n storie!
Alta Roux, genealoog en boeiende storieverteller, was Saterdag 11 Maart die tak se gasspreker. Na twee-en-twintigjaar lange navorsing het sy verlede jaar die "Die nageslag van Barend Pieters en Johanna Nel", gepubliseer. Alta het jare spandeer omAlta Roux hierdie navorsing te boek te stel. Sy het ver gereis om die geringste leidrade op te volg en te bevestig. Sy kon 'n ouma se vraag oor hoekom 'n klompie kinders in Engelse kerke gedoop is naspeur. Haar familie aan beide vader en moederskant het aan die Anglo Boereoorlog deelgeneem met die ernstige nagevolge wat dit ingehou het. Van kleinkind af het sy geleer om na stories te luister en om stories te vertel. Sy noem haarself ʼn versamelaar van stories en het van die lekker stories wat sy in die dorpgeskiedenisse en kerkraads¬notules raakgeloop het, oorvertel.

Alta Roux Vertel Stories.

Aflaai skakel -> hier (regs kliek "save as" om af te laai)

Allegaartjie Nov 2016

Saterdag 19 November. Wat ʼn lekker genealogiedag! Uitstekende referate wat deeglik nagevors en onderhoudend en interessant aangebied is. Noord-transvaal Tak het sy verjaardagjaar waarin die tak 50 jaar oud geword het, met ʼn allegaartjie van genealogie-referate wat deur agt taklede gelewer is, afgesluit. 'n Klompie van ons lede, Hettie Muller, John Yssel, Ludwig Döhne, Teuns Deeltlefs; Annemarie Dreyer; Kobie van Rooyen; Fedie van Wyk, Dirk van Heerden en Isabel Groesbeek, het ons meegesleur met die vertellinge en ondervindinge wat hul tydens hul soektogte na familie opgedoen het. Dit het ons weer nuwe moed en stukrag gegee om hierdie belangrike deel van ons kultuurerfenis onverpoosd na te jaag. Die tak het voorwaar die jaar se verrigtinge op 'n hoogtepunt afgesluit. Ons Komitee kan waarlik trots wees op wat gedurende hierdie jaar bereik i.

Could not open a directory stream for /home/familia/public_html/images/NTvlFotos/Allegaartjie_Nov_2016/

Die verrigtinge het begin met die sny van die verjaarsdag koek. Die Noordtransvaaltak het gedurende Mei 2016 sy 50e bestaansjaar gevier. Hier sny twee van die tagtigerjariges van die tak, Thys du Preez en Rina Naude die verjaarsdagkoek.

Klik op hierdie skakel om die volledige prentjie te kry

8 Oktober 2016 - Regter Kees van Dijkhorst

image

Ons tak het die voorreg gehad om na Regter Kees van Dijkhorst te luister oor die Nederlanders van/in Suid-Afrika. (Klik op die foto om te vergroot)
Sy aanvangstelling was dat Suid-Afrika ʼn land van immigrante is. Met uitsondering van die Khoi en San het die Zulu’s en die Xhosas, hier aangestap gekom, die Hollanders, die Franse die Duitsers het per skip gekom, so ook die Maleiers en selfs vandag nog kom daar nog steeds immigrante aan. Regter van Dijkhorst het hierna die verskillende groepe Hollanders wat in Suid-Afrika aangekom het, toegelig.
Die eerste groep het van 1848 tot 1859 aangekom. Prof Laufs in Nederland het baie simpatie met die trekkers gehad en het onderwysers gewerf wat dan met die opvoedingstaak van kinders begin het. Die tweede groep het van 1874 tot 1880 aangekom en onderwysers wat deur Pres Burgers gewerf is. Die volgende groep het van 1881 tot 1902 aangekom wat hulle op Dullstroom gevestig het en ook ʼn verdere groep wat ʼn groot bydrae gelewer het met die bou van die spoorlyn na Mosambiek. Baie lede van hierdie groep het beland in die verskillende staatsdepartement van die ZAR. Die 4e groep het van 1902 tot 1940. Hierdie groep het primêr gekom ter ondersteuning van die CNO Skole en ʼn groep verpleegsters uit hierdie groep het die Hollands Hospitaal gestig wat later tot die stigting van die Zuid-Afrikaanse Hospitaal en Diakonessenuis het hierna gevolg. Die 5e Groep het van 1940 tot 1950 gekom en van 1946, na die oorlog, tot 1965 het 26000 Hollanders aangekom.
Met die aanvang van die 2e Wêreldoorlog was Nederland ʼn politieke roesemoes wat later aanleiding gegee het tot die opstel van die Diensplig Wet in Nederland. Hierdie wet het ook ʼn neerslag gevind in Suid-Afrika en ʼn wesentlike invloed op die Hollanders alhier gehad.

Klik op die skakel hieronder om na Regter van Dijkhorst se gesprek oor die Diens Weigeraars en die gevolge daarvan vir die Hollanders in Suid-Afrika af te laai.

Aflaai skakel ->hier(regs kliek "save as" om af te laai)

Noord-Transvaaltak Byeenkoms: 11 Junie 2016

imageimageimageimageimageimageimage

Die koue het reeds Satermiddag begin byt maar die taklede het en masse rapporteer vir dié besondere byeenkoms.
Van 10 uur af was daar eers ʼn bekendstelling sessie by die Biblioteek. ʼn Groep van so 25/30 lede het voorligting gekry oor wat alles beskikbaar is in die biblioteek en sommige het dadelik ingespring en die bronne begin benut. Aantekeninge is gemaak en foto’s is geneem. Mens kon sien dat sommige van die genealoë heel bedrewe is met die soeke na besonderhede en ander het al staanders gemaak vir hul kamera waarmee hul baie akkuraat kon fokus en gehalte foto’s kon neem.
Daarna is die byeenkoms in die Kunsgalery van die Monument voortgesit. Dr Dirk Herman was die spreker. Hy het besonder klem gelê op stories en betekenis van die stories vir die nageslagte. Hy heg groot waarde aan die wetenskap agter genealogie. Hy het begin om te verwys na die geslagregisters in die Bybel en die belang daarvan vir familienavorsing.

Continue Reading

Copyright 2016 by The Genealogical Society of South Africa. All rights reserved.

Powered by Warp Theme Framework