{artsexylightbox path="images/stories/Suid-Kaap/Bestuur2014" previewWidth="160" previewHeight="140"}{/artsexylightbox}

Die Suid-Kaap Tak het tydens sy April Bestuursvergadering by die George Museum‘n baie groot bronne skenking ontvang. Die materiaal sluit in boeke oor families, Famileas en internasionalebronne oor familiegeskiedenis, wat baie vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Die skenkings is gedoen deur Alex Smith, voormalige nasionale sekretaris van die GGSA, wat hom pas op George kom vestig het en ook ons nuutste lid is, en Lynn Thompson, bekende argivaris en lid van die Outeniqua Historiese Vereniging. Op die foto  is die Suid-Kaap Tak se bestuur saam met die skenkers. Voor vlnr is: Patric Cuthbert (tes.), Mandy Jansen (sekr.), Abrie de Swardt (voors.). Agter vlnr is: Estelle Melville (Bibliotekaris), Alex Smith (skenker), Lynn Thompson (skenker) en Wilkie Barkhuysen (o/voors).
Klik op die foto om te vergroot.