Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Wes-Kaap Tak

Facebook Afrikaans
Tafelbaai

Nadat die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika in 1964 op die plaas Joostenberg in die destydse Kaap Provinsie gestig is het die Genootskap eers as ‘n landswye organisasie gefunksioneer. Op 4 Junie 1986 het die Wes-Kaap egter hul eie tak van die Genootskap gestig. Dave Mitchell was die eerste voorsitter. Die tak bedien die hele Skiereiland, Weskus, Boland en Overberg. Lidmaatskap is egter nie beperk tot hierdie gebiede nie.

Die Wes-Kaapse tak is ‘n genealogies aktiewe groep en kom elke tweede Saterdag van die maand bymekaar by SASNEV(Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere), Central Plein 4, Pinelands, Kaapstad. Vergaderings behels gewoonlik ‘n spreker oor ‘n interessante onderwerp en dan ‘n gesellige saamkuier agterna. Uitstappies na ander historiese plekke word ook soms onderneem. Die tak beskik ook oor ‘n takbiblioteek wat deur die lede geraadpleeg kan word en dit word ook SASNEV gehuisves.

Die tak gee die kwartaalblad Capensis uit, versprei ‘n kwartaallikse Nuusbrief, het ‘n Facebook bladsy en het verskeie interessante aktiweite, bv die begraafplaasprojek, werkswinkels en uitstallings deur die uitstalspan. Hierdie aktiwiteite het die taklede al verskeie pryse laat verower.

Samewerking bestaan ook onder andere met die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA); die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika (HVSA); die Drakensteinse Heemkring; die Wes-Kaapse Argief- en Rekordsdiens, Tygerberg Museum, die Cape Town Family History Society en Cape Town Family Research Forum

Komitee 2014

image

Die bestuurspan vir 2014 was verkies by die AJV gedurende Februarie 2014.

Van links na regs: Paul le Roux(Penningmeester; Anton Verwey(Projekte); Andrew Kok(Voorsitter); Simone Kay(Skakeling en Bemarking); David de Klerk(Ondervoorsitter); en Engela van Dyk(Sekretaresse). Klik op die "Kontak ons" kieslys item om enige van die komiteelede te kontak. Klik op die foto om te vergroot.