Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Suid-Kaaptak

Meeting 23 November 2015

Petro Coreejes-Brink regales GSSA at year-end breakfast.
Click on the images to enlarge

image

She discussed the role of the society in motivating members to do research on their family history as well as ways to pick up the missing links.
The year-end breakfast of the Genealogy Society of South Africa (GSSA) Southern Cape branch, with national president Petro Coreesies-Brink as guest speaker was a wonderful and successful family affair on Monday moming at Kwagga Cuisine. Petro discussed the role of the GSSA in the family history of South Africa and showed in her excellent presentation, various ways to find and trace your family's history.

Petro discussed the role of the

image

GSSA in the family history of South Africa and showed in her excellent presentation, various ways to find and trace your family's history asy as well as ways to pick up the missing links. She also highlighted various projects and products of the GSSA, and demonstrated various ways in which the 13 branches of the society over South Africa assist members to do research. The Southern Cape branch of the GSSA will have its 2016 annual general meeting on 20 January 2016 at Pine Lodge in George at 12:30, with a lunch. Members will be informed and can e-mail the secretary, Mandy Jansen, at Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. for further information, or to join the society.
Article by courtesy of the George Herald 26 November 2015. http://www.georgeherald.com/

Loading ...

Suid-Kaap vier Genealogie 50

image

Abrie de Swardt.
Klik op die foto om te vergroot-Foto geplaas met erkenning aan die Eden Express van George. Die 50ste verjaarsdag van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) is op Woensdag 18 Junie 2014 behoorlik gevier deur die Suid-Kaapse tak in ‘n feestelike middagete en viering by die Coffee and More Koffiehuis opGeorge.
Tydens die feestelike vrolikheid tussen 1200 en 1400 is ‘n terugblik gelewer oor die eerste dekades van die werk van die Genealogiese Genootskap, deur een van sy eerste nasionale sekretarisse, Alex Smith, wat hom in die afgelope paar maande op George kom vestig het. Smith het as gasspreker opgetree, en het vertel van die vroeë dae en die betrokkenheid van die bekende dr Cor Pama, skrywer van die “Groot Afrikaanse Familienaamboek” en ander stigterslede van die GGSA. Hy het ook uitgebrei oor die interessante eerste dae van ‘Familia”, en hoe die tydskrif bekend gestel en versprei is. Verder het Alex oor sy eie familiegeskiedenis vertel, en van sy Sweedse oupa wat vir hom na die Eerste Wêreldoorlog in Suid-Afrika ‘n tweede vrou kom vat het. Na drie dekades van navorsing oor sy Sweedse familie het hy vyftien jaar gelede op sy oupa se spoor en foto, wat hy aan almal gewys het, afgekom. Alex Smith het reeds verskeie skenkings aan die Suid-Kaapse tak vir ons eie biblioteek gelewer, wat baie uitgawes van Familia en ander tydskrifte oor genealogie insluit.
Met die hulp van Wilkie Barkhuizen (onder-voorsitter Suid-Kaap GGSA), en Chris Hattingh, entoesiastiese koster van die historiese meer as 200jarige NG Moederkerk op George, is daar vanaf 1200-1215 ‘n klokkespel uit die toring van die kerkgebou gewees om die vyftig jaar van genealogie luisterryk te vier. Terwyl die kerkklokke oor George gebeier het, het 32 aansittende entoesiastiese Suid-Kaapse taklede en vriende op voorstel van Abrie de Swardt, voorsitter Suid-Kaap se tak, GGSA, ’n glasie sjampanje gedrink en geskink op die vyftig jaar van familiegeskiedenis binne die GGSA. Daar was baie vrolikheid en saampraat, met pragtige gedekte tafels onder leiding van die Suid-Kaapse tak se voorslag sekretaresse, Mandy Jansen.
Met heerlike kos opgedis deur Coffee and More, kon lede vir twee ure met baie opwinding saamgesels, en is verskeie moontlikhede bespreek hoe die Suid-Kaapse tak sy wortels verder oor verskeie dorpe van die Suid-Kaap kan uitbrei. Op 20 Augustus word ‘n gesellige vergadering in die Dias Museum op Mosselbaai beplan van 1400-1600, wat ten doel sal hê om ledewerwing met aktiwiteite van Mosselbaai tot Stilbaai te doen. Die bestuur beplan om in noue samewerking met die museums, en ander naby belangstellende organisasies, soos die Outeniqua Historiese Vereniging verdere bouwerk aan familiegeskiedenis onder Suid-Kapenaars te verrig.

Bestuur 2014

image

Die Suid-Kaap Tak het tydens sy April Bestuursvergadering by die George Museum‘n baie groot bronne skenking ontvang. Die materiaal sluit in boeke oor families, Famileas en internasionalebronne oor familiegeskiedenis, wat baie vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Die skenkings is gedoen deur Alex Smith, voormalige nasionale sekretaris van die GGSA, wat hom pas op George kom vestig het en ook ons nuutste lid is, en Lynn Thompson, bekende argivaris en lid van die Outeniqua Historiese Vereniging. Op die foto  is die Suid-Kaap Tak se bestuur saam met die skenkers. Voor vlnr is: Patric Cuthbert (tes.), Mandy Jansen (sekr.), Abrie de Swardt (voors.). Agter vlnr is: Estelle Melville (Bibliotekaris), Alex Smith (skenker), Lynn Thompson (skenker) en Wilkie Barkhuysen (o/voors).
Klik op die foto om te vergroot.

 

Die Hartlam Fees

imageimageimage
HartlamfeesHartlamfeesHartlamfees

Die eGGSA-  en Suid-Kaaptak was saam deel gewees van die onlangse Hartlamfees se verrigtinge op Hartenbos. Die Wes-Kaaptak was in gees met ons, want hulle het hulle bannier vir ons geleen.  
Vir die Suid-Kaaptak  was dit ‘n wonderlike ervaring, want dit was ons eerste uitstalling wat ons beleef het!  Alles danksy Alta en haar taklede wat vanaf Port Elizabeth,  Stilbaai en Kaapstad  gekom  het en  gewys het hoe om ‘n fees op te kikker met bronne en toegewydheid.
Die uitstalling het besondere belangstelling getrek en die gevolg is dat Suid-Kaaptak ‘n paar begeesterde lede ryker is.
Ons almal is slaggereed om volgende jaar weer so ‘n fees vir Hartlam te maak!

Tak aan die Gang

image
Petrobesoek

Die nuutgestigte Suid-Kaap-tak van  GGSA het op 10 Sept 2012 besoek ontvang van die Genootskap se president Petro Coreejes-Brink. Sy is deur die komiteelede ontvang by die George Museum wat sal dien as die hoofkantoor vir die tak. Die museum het hul komiteekamer beskikbaar gemaak vir die vergaderings en byeenkomste van die tak. Me Linda Yoso is die bestuurder van die museum en is die tak goedgesind en sal help waar sy kan.

image
Lindayozo

Petro het 'n kort voordrag oor die GGSA, sy doelstellings en doelwitte gelewer. Sy het ook ‘n aantal produkte van die Genootskap aan die tak oorhandig om hul in staat te stel om hul eie biblioteek aan die gang te kry.
Die vestiging van die Suid-Kaaptak het wye dekking in die plaaslike media ontvang. Twee artikels het in die Eden Express verskyn, een deur Denise Lloyd en die ander deur die redakteur Mandi Botha. Denise Lloyd het in haar artikel feitelik oor die GGSA berig en Mandi Botha het 'n brief geskryf waarin sy haar wedervaringe rakende 'n besoek aan 'n ou familieplaas met die lesers deel. Die vestiging van die tak het groot belangstelling by die plaaslike gemeenskap gewek en so het die George Herald geskryf oor die "Grosvener word steeds onthou"
Die Suid-Kaaptak is dankbaar vir die publisiteit en het die stang vasgebyt vir die pad vorentoe.

Verdere Artikels...

  • 1
  • 2