Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Kinders van Ontheemdes

KINDERS VAN ONTHEEMDES DEEL BLYE WEERSIENS NA 50 JAAR.
Die Volksblad: 6 Okt.2015.

image


ʼn Halfeeu van verpakte herinnering is verlede naweek deur afstammelinge van ontheemde boeregesinne van nou die Wildtuin-Tussen-die Riviere uitgepak.
Kinders van 50 jaar gelede is nou meestal ouer as wat hulle ouers was toe hulle in 1965-1967 die gebied moes verlaat omdat hul voortbestaan deur die bou van die Gariepdam bedreig sou word.
Die groep wat die re-unie bygewoon het is die twee kinders van Jan en Corrie du Plessis van Du Plooy’s Rust (Petro en Doep), vier van Simon en Rita du Plooy van Brakfontein (Koos, Chris, Simon en Marietjie) en drie van Willem en Lena Kruger van Spes-Bona (Lettie, Lena en Mariaan).
Dit het weggespring met vreugdevolle uitroepe van weersiens, verbasing en selfs ongeloof oor die spore wat vyftig jaar nagelaat het

Continue Reading

Noordwestak

potch museum rev 2Die Noordwestak is 'n dinamiese tak waar beide beginners, asook meer ervare genealoë tuis voel om hul passie vir familiegeskiedenis uit te leef en met mekaar te deel.
Die Tak is gesetel in Potchefstroom en bedien hoofsaaklik die Noordwes Provinsie.     Sedert die Tak se stigting op 6 Junie 2004 het die ledetal vanaf 12 tot meer as 60 gegroei.  Lede en belangstellendes kom maandeliks om 19:00, met die uitsondering van Januarie, Julie en Desember, by die Potchefstroomse Museum (hoek van Wolmaransstraat en Sol Plaatjielaan) byeen.
Die doel van die Tak is om sy lede in staat te stel om familienavorsing te doen.  Om hierdie rede word kundiges vanoor die land betrek om oor 'n wye verskeidenheid van onderwerpe van genealogiese belang te kom gesels.  Om nuwelinge touwys te maak in die gebruik van genealogiese bronne, word uitstappies na argiewe en die LDS-sentrum onderneem en beginnerkursusse aangebied. Taklede ontvang nie net nie, maar lewer ook 'n bydrae tot genealogie deur begraafplase te fotografeer en die data beskikbaar te stel.
Die Tak se biblioteek kon nie 'n meer geskikte tuiste vind as die Potchefstroomse Museum nie.  Hier word die Tak se versameling van meer as 150 familieregisters en ongeveer  5000 begrafnisbriewe gerugsteun deur die Museum se versameling van historiese dokumente, plaaslike koerante van so vroeg as 1905, ou foto's, kaarte en gepubliseerde bronne oor o.a. die Groot Trek en Anglo-Boereoorlog. pdf Genealogiese Bronne:Potchefstroom Museum
 Die Takbiblioteek in die Potchefstroomse Museum is weeksdae vanaf 9:00 tot 13:00 en vanaf 14:00 tot 16:30 oop.  Toegang is gratis. Die Takbiblioteek ontvang daagliks genealogiese navrae wat deur kundige museumpersoneellede en of taklede beantwoord word. Navrae kan gerig word aan Noordwes
Die Tak se lekkerlees nuusbrief, die Famnea verskyn kwartaalliks (Februarie, Mei, Augustus en November).  In die nuusbrief kry lede die geleentheid om artikels oor hul familiegeskiedenisnavorsing en of interessante gebeure te skryf.  Artikels met 'n Noordwes-strekking kry voorkeur. Die jongste uitgawe van Famnea kan by hierdie skakel afgelaai word: pdf FAMNEA JAARGANG 9 UITGAWE 4

Die 2013 Komitee
Die Algemene Jaarvergadering het op 4 Februarie 2013 plaasgevind. Die byeenkoms is goed deur die lede ondersteun en die komitee vir 2013 was gekies. Die strategie vir 2013 het ter sprake gekom en een van die prioriteit take wat identifiseer was, is om familienavorsing aan die algemene publiek in samewerking met die plaaslike koerant bekend te stel. Die tak se lede is baie entoesiasties oor genealogie maar dit is nie eintlik bekend by die algemene publiek nie. Die lede het eenparig besluit om 'n plan te ontwikkel wat dié stokperdjie onder die publiek se aandag sal bring. Die voorsitter Simon du Plooy en die ondervoorsitter Dirk Bloem is herverkies. Elmarie Weyers is die sekretaresse Johanita Viviers is die hulp sekretaresse  wat ook vir die tak se Facebook verantwoordelik is. Esther Stieger Visser is die redakteur van Famea, die tak se kwartaalblad terwyl Sonja van der Westhuizen verantwoordelik is vir die bladuitleg daarvan. Louw Hattingh is die tesourier en Stephan Botha is die lide vir Klerksdorp. Ellie Kotze is verantwoordelik vir ledesake.
Klik op die foto om te vergroot

imageimageimageimageimageimageimageimage

Beginnerskursus in Genealogie: 25 Mei 2013

Klik op die foto om te vergroot

imageimage
genkursusgenkursus

Die goeie opkoms na die beginnerskursus in genealogie wat die Noordwestak op Saterdag, 25 Mei 2013 by die Potchefstroomse Museum aangebied het, het weereens bevestig dat daar 'n groeiende belangstelling in familiegeskiedenisnavorsing is.
Die bekende Isabel Groesbeek van Isabel Groesbeek Genealogiese Dienste (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) het 19 kursusgangers getrakteer op die vele fasette van genealogiese navorsing.  In twee teoretiese en een praktiese sessie van 2 uur elk het sy kortliks gefokus op die wese van genealogie, die rede waarom genealogiese navorsing gedoen word, die soorte navorsing wat onderneem kan word, die metodiek daarvan, bronne van inligting en hoe om nagevorste inligting te dokumenteer.  Isabel het ook telkemale in haar aanbieding verwys na die dienste wat die Genealogiese Genootskap lewer.  Lede is ook aangemoedig om by die Genootskap aan te sluit.
Die beginnerskursus is hoofsaaklik vooraf deur middel  van plaaslike en streekskoerante bekend gestel.  Dit verklaar dan waarom 'n groot aantal kursusgangers vanuit Rustenburg, Schweizer-Reineke, Wolmaransstad, Klerksdorp, Stilfontein en Carletonville die kursus te Potchefstroom bygewoon het.
Suzette du Plessis, een van die kursusgangers vanuit Potchefstroom, het na afloop vandie kursus die volgende SMS gestuur:  “Dankie vir die naweek se uitmuntende kursus.  Ek het so baie geleer en alles was uit die boonste rakke.  Van die dekor, verrassingspakket tot die heerlike ete en verversings.”  Almal was dit eens dat die bywoning van die beginnerskursus oor en oor die moeite werd was en dat hulle nou met meer selfvertroue en kennis na hul voorsate kan begin soek.

Maraton vir McArthur

image
Eindpunt

Potchefstromers en deelnemende atlete het Saterdag, 10 November 2012 tydens die Traumeel KK McArthur-gedenkmarathon  en -padwedloop 'n voorsmakie gekry van 'n marathon wat honderd jaar gelede in Stockholm, Swede gehou is. Hierdie moordende marathon is op 14 Julie 1912 deur die Iersgebore

image
Waterpunt3

Potchefstromer,  Kennedy Kane McArthur in 'n rekordtyd van 2:36:54 gewen.
Die waterpunt voor die eertydse woning van McArthur in Kockstraat 102 te Potchefstroom is deur lede van  GGSA: Noordwestak, Erfenis Potchefstroom en die personeel van die Potchefstroomse Museum beman.   Geklee in periodedrag en met outydse musiek, gespeel op ’n Outentieke “His Masters Voice” grammafoon  in die agtergrond, het hulle die atlete luidkeels aangemoedig en met lemoenskyfies en koeldrank bederf. Nagenoeg  1000 atlete het aan die gedenkmarathon en padwedloop deelgeneem.  Onder hulle was Josiah Thugwane, die enigste ander Suid-Afrikaner wat sedertdien daarin kon slaag om 'n Olimpiese marathon te wen en Blanche Moila wat in die jare 70 en 80 die vroue-afdeling van padwedlope in Suid-Afrika oorheers het.  ‘n Afvaardiging van 6 Iere, waaronder 2 voormalige burgemeesters van Dervock was, het ook spesiaal na Potchefstroom gereis om deel  te wees van die herdenkingsgeleentheid.  Almal is dit

image
Waterpunt4

eens dat die K.K.  McArthur -gedenkmarathon en -padwedloop  beslis ‘n jaarlikse instelling in Potchefstroom moet word.
Kennedy Kane McArthur is op 10 Februarie 1881 in Dervock, Noord-Ierland gebore.  Hy was die tweede van 5 kinders uit die huwelik van Robert  Jamieson McArthur en Mary Ann McArthur . Na sy skoolopleiding was hy 'n posman in Dervock en distrik. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het McArthur by die South African Constabulary aangesluit. Laasgenoemde het in die eertydse Transvaal  diens gedoen.  As polisieman was hy gestasioneer by Lindequesdrift, Kraalkop en later in Potchefstroom.
In 1904 het McArthur  sy eerste wedloop tussen Klerksdorp en Potchefstroom (57 km) voltooi.  Gedurende sy atletiekloopbaan het hy aan 'n totaal van 6 marathons deelgeneem en almal gewen.  Ten spyte van sy prestasies is hy nie in 1908 vir die Springbokspan gekies, wat sou deelneem aan die Olimpiese Spele te  Londen  nie.  Die eer sou hom eers in 1912 te beurt val, toe hy en sy Springbok-spanmaat, Christopher Gitsham aan die Stockhölm-marathon deelgeneem het.  By die

image
Logo

halfpadmerk was Gitsham eerste en McArthur derde.  Sowat 3.2 km van die eindstreep het Gitsham by ‘n fontein langs die pad gestop om water te drink. McArthur het aanhou hardloop en die wenstreep in ‘n rekordtyd van 2:36:54 oorgesteek.  Gitsham was tweede met 'n tyd van 2:37:52. Van die 69 atlete wat aan die wedloop deelgeneem het, het slegs 34 dit voltooi.
Met McArthur se terugkeer na Suid-Afrika het hy 'n besering opgedoen wat 'n einde van sy atletiek-loopbaan gemaak het.  Hy is in 1960.08.13 op die ouderdom van 79 jaar oorlede en in die Potchefstroomse Begraafplaas begrawe.
McArthur se Springbokbaadjie, die lourierkrans wat hy tydens Olimpiese Spele te Stockhölm ontvang het, sy atletieknommer (nr. 613) ,asook sy medaljes en trofeë kan in die Potchefstroomse Museum besigtig word.