Tydens die Argieftoer na Bloemfontein, het ek en n mede reisiger Rina Steenkamp, besef dat die inligting wat die dokumente in die Argief aan die lig gebring het net die eerste tree na die volgende stap was naamlik om self die plekke te gaan opsoek.
So het ons dan afgesit Heilbron toe waar albei van ons se voorouers vandaan gekom het. Rina het die dienste van n skitterende gids en uitstekende historicus van die omgewing, mev Quarta Pretorius bekom.Dit wat Quarta nie geweet het nie, het sy geweet wie weet.
Op my vraag na waar Engelbrechtsdrift was het sy my verwys na mnr Piet Lombaard. Engelbrechtsdrift was vir jarelank vir my n probleem. Kort voor my pa se dood, ongeveer vyftien jaar gelede, het ek hom en my ma op n reis om die Vaaldam geneem op soek na sy geboorte grond, hierdie geheimsinnige altyd ontwykende Engelbrechtsdrift. Sommige was selfs van mening dat die plek nou onder die waters van die Vaaldam was.
Maar Piet het geweet waar dit was:
Jarrrre gelede was daar n skooltjie op die plek, die Stofberg Gedenkskool. Ds AM Hofmeyr was destyds die leeraar. Weens die groepsgebiede wet van die Apartheidsera moes die skooltjie wat later swart predikante opgelei het, verskuif en die gevolglike besluit wat gemaak is was om die bestaande geboue in n tronk te omskep. Vandag is dit bekend as die Groenpunt Gevangenis. Wat destyds bekend was as Engelbrechtsdrif is nou op die terrein van die gevangenisdienste naby Denysville aan die oewers van die Vaaldam. Nog meer, Piet het ook geweet dat daar n familie begraafplaas op die terrein was en nog des te beter, het hy geweet waar om dit te vind.
Daar tussen die lang gras wat lank genoeg was om n olifant in te kon wegsteek was n tiental grafte, onder andere die graf van die stamvader Gerhardus Christoffel Engelbrecht en sy vrou Sara Johanna nooi Van Staden.
Piet het verder ook nog die oorspronklike kopie van De Kerbode Het Weekblad 1908 waarin die storie van die Stofberg Gedenkskool gepubliseer is. Daarby het hy ook kopieë van die notules van die ouer/onderwyser vergaderings waarin oa die naam van n ene PT Engelbrecht, seker my oupa-grootjie, genoem is.
Praat van LUCK ! This was my lucky day. Sonder geluk aan ons kant sou al hierdie dinge vir my geslote gebly het. Om toestemming te kon verkry om al die bogenoemde aktiwiteite te kon verrig moes Piet n epos aan die owerhede rig en nog wag vir n antwoord, nie alleen n antwoord nie maar daarby ook n gunstige antwoord.My dank aan elkeen wat hier genoem is en ek sal enige verdere inligting oor hierdie storie asook oor die Engelbrechts Engelbrechtsdrift verwelkom. My selnommer is 072 2829 878 en landlyn 012 253 0845.
Jeanne van der Merwe
Klik op die foto's om te vergroot. {artsexylightbox path="images/NTvlFotos/Engelbrecht" previewWidth="100" previewHeight="100" thumbnailPath="images/thumb_folder"}{/artsexylightbox}