Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
  • Tuisblad
  • Projekte
  • GGSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief
  • Google Earth Cemetery Initiative

GGSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief

Welkom by die GGSA Google Earth Begraafplaas Inisiatief

 

Harbeeshoek4-web

Datalêer laas bygewerk: 1 April 2012 met 3089 inskrywings en 1991 skakels na eGGSA Foto Albums.

Ervare gebruikers, klik hier Cemeteries Google Earth File.kmz (191.09 kB)  om die kaart met GGSA begraafplase op Google Earth™ (Google Earth™ .KMZ file) te sien.

 



Hoe om die GSSA Begraafplase op Google Earth te bekyk

View of Barberton

Hoe om toegang tot die GGSA Begraafplaas Inisiatief te verkry deur Google Earth™ te gebruik:

• U benodig 'n moderne rekenaarstelsel met breëband internet toegang of soortgelyke fasiliteit
• Laai die Gratis Google Earth ™ programmatuur af vanaf http://earth.google.com/
• Klik op die lêer GSSA Google Earth Files (191.09 kB) om die GGSA begraafplase op Google Earth™ te sien.

Wat sal die kaart vertoon?

Die GSSA Google Earth™ Kaart open met 'n hoë vlak aansig van Suidelike Afrika met 'n GGSA-ikoon om die ligging van alle GGSA begraafplase aan te dui. Die standaard eienskappe van Google Earth™ kan gebruik word om in of uit se zoem, die beeld te roteer of na verskeie Plekmerke of koördinate te “Vlieg”. Plekke van belang soos op die verstek kaart van Google Earth™ aangetoon, kan ook met navigasie help.

Continue Reading

Interessante Toeristeplekke

Hier is 'n paar interessante plekke wat jy met behulp van Google Earth, of in die Werklike Lewe, kan besoek.

 

Hoe kan ek kommentaar lewer of verbeterings aanbring?

Kommunikeer asb met ons deur middel van e-pos.

Crystal_Clear_app_emailDVD Projek, GPS data en kartering:

Die DVD Projek Datakoördineerders, Peter en Beverley Moss:Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

egssaLogo

eGSSA Foto Projek:

Die eGGSA Foto Projekkoördineerder: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Hoe akkuraat is die inligting en hoe dikwels word dit bygewerk?

 

Crystal_Clear_app_calcAlle pogings word aangewend om te verseker dat die inligting so korrek as moontlik is, maar onjuisthede kom wel voor, hoofsaaklik om die volgende redes:

• Liggings wat van 1:50000 kaarte verkry word het die dubbele nadeel dat dit geskaal en van 'n papierkaart afgelees word, maar verder ook dat die koördinate uit die ou Kaapse Stelsel kom en nie van die wêreldwye WGS84 stelsel wat deur Google Earth en GPS ontvangers gebruik word nie. Soos die tyd ons toelaat, word hierdie koördinate reggestel.
• Gebruik van onjuiste GPS-gegewens deur optekenaars.
• Die moontlikheid van onjuisthede gedurende die bepaling van die koördinate en dataverwerking stadia.
• Sommige gebiede van die Google Earth kaarte is “vaag”, sodoende kan akkurate begraafplaasliggings nie verkry word nie en word benaderings gebruik.

Sover moontlik teken ons die akkuraatheidsvlak van die koördinate aan en word aangetoonde liggings geoudit vir korrektheid.

Data word aan die einde van elke maand bygewerk. Wees dus op die uitkyk vir nuwe hersienings.