Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Vaaldriehoektak

2017 Branch Meetings and Outings

image

Our first guest speaker for the year in January, was Gys Stroh Jnr who came to show us how simple it is to make movies using our smart phones!
With the download of two apps this is process is as easy as 1-2-3

 

 

April: GGSA NTVL - Dr. Nicol Stassen   

image

Our outing started with a visit to the heritage library at the Voortrekker Monument: a must for every genealogist. The wonderful staff and volunteers  hand make research there a real pleasure. We then joined the NTvl Branch for their monthly meeting and special guest speaker, Dr Nicol Stassen on the “Dorsland Trek”. Click on the image. “Dr. Nicol Stassen het vanjaar GGSA se toekenning vir Uitmuntende Genealogie Publikasie vir sy boek Dorslandtrek 1874-1881 ontvang. ʼn Groot eer het ons tak te beurt geval deurdat die oorhandiging van die trofee tydens ʼn N.Tvl.-takbyeenkoms op 8 April plaasgevind het. Isabel Groesbeek, ʼn vorige visie-president van GGSA, het die oorhandiging namens GGSA se nasionale president, Simon du Plooy gedoen”. (With compliments NTVL Newsletter) 

May: Members’ Workshop

A few of the more experienced members of our branch shared some of their own knowledge about their research methods and it turned out to be a wonderful day. Some of the topics and programmes covered: NAAIRS – How to navigate through the new National Archives and Records Service of South Africa
Family Search – How to locate estate files through the Catalogue / Probate files
https://www.nationalarchives.gov.za/search-the-collections
eGGSA - Navigating the Gravestones in South Africa, how to order NAAIRS files online etc.
http://www.eggsa.org/
Government WebPortal - Johan Naudé showed us how to search for the old farm names.
https://icmsweb.justice.gov.za/mastersinformation/
Piet de Conning shared GenScriber. This very small but powerful program allows you to
transcribe old documents and texthttps://genscriber.soft112.com/download.html 
This day proved to be a huge success with many of us learning a new thing or two.

June: Johan Wolfaardt – Die bewaring van Erfstukke en Oudhede

image

It was a privilege having Johan Wolfaardt of the Pretorius Museum in Potchefstroom come and share his wealth of knowledge about historical photography in South Africa.
Johan Wolfaardt, Senior Vakkundige Beampte, President Pretorius Museum. Voorheen werksaam by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein, Voortrekker Monument en Krugerhuis. Click on the image to enlarge

 

July: Piet de Coning shares his research
Piet de Coning is one of our branch members and we called on him to share his research, resources and methods with us. These sessions are invaluable as we all get to see a new perspective through other people’s research methodology.
“As beginner in die veld van Genealogie deel ek graag wat ek sovêr van my familie geleer het. Die de Conings is afkomstig van België. My belangstelling in Genealogie het so 'n paar jaar gelede begin en ek probeer om soveel moontlik van die de Coning familie te wete te kom. Ek deel graag wat ek het met die vertroue dat ek sodoende meer kan leer en die familieregister meer volledig kan maak. Die gereedskap en bronne wat ek gebruik sal ek ook noem en hoop dat wat ek te sê het ’n lekker lewendige bespreking tot gevolg sal hê.”

image

August: Genealogy Symposium 12 August 2017
Our branch was one of the four branches involved in the symposium this year. Erna Buber-de Villiers’ talk was titled “Formidable Women” and Germaine Smith was second session chairman for the day’s events! A very successful day and we were proud that our branch was able to contribute to this wonderful event this year. Click on the omage.To read more click on the link below http://www.genza.org.za/index.php/af

December: Year End Function along the banks of the RiverWe had the pleasure of meeting and closing off our year under the trees along the banks of the Vaal River again this year.
                                                           
DSC 0039         DSC 0271        DSC 0075   

Ons tak se stories

StoDuring 2012, our branch embarked upon an ambitious (for us!) project. Renier Feldtmann, our chairperson at the time, challenged us to produce our own publication. Thirteen people contributed stories and photographs to our first edition, which has since become an annual effort.
The Ons Storiewa banner picture shows an old, broken-down ox wagon, with a little flower blooming at its wheel. It was chosen to remind us that our family histories are old, come from afar and are missing a lot of pieces, but they bloom again when we tell and re-tell them to our friends and our children. By hook or by crook, we genealogists will keep our story-wagons on the road!
We have put together six Ons Storiewa’s so far. We suggest themes that could help to get people writing. For our very first edition, members were asked to share their research methods, triumphs and tragedies, and stories about themselves as researchers and about their research methods. For subsequent issues we chose themes that encouraged us to tell our own life stories and stories about our families. Isabel Groesbeek, genealogy guru, emphasizes that your first duty is to make sure that your own life is well documented for your descendants. Examples of past themes for telling your story are ‘family fests’, ‘schooldays’ and ‘falling in love’. We believe that these themes have made our publication exceptionally readable and personal. As members have grown in confidence, they have come up with wonderfully original and entertaining stories.
We've uploaded the PDFs onto this website for everyone to enjoy. You can find them by clicking on Ons Storiewa in the menu on the right, and then select either Storiewa 1, 2, 3, 4, 5 or 6. Most of the articles in Ons Storiewa are in Afrikaans, but there are excellent ones in English, too, such as the one about the descendants of the 1820 Settlers. Some articles reflect impressive research skills, some are by beginners, but all are worth reading. We’d really love to hear your comments if you’ve enjoyed reading them.
Should you prefer a print copy, please contact Kobie Stroh - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. The complete first six issues are available as a ring-bound A4 book, quality printed in full colour on glossy paper. Price excluding postage R350.

GGSA Algemene Jaarvergadering 2011

Die Vaaldriehoektak het die voorreg gehad om as gasheer op te tree tydens die 43ste Algemene Jaarvergadering (AJV) van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) wat gedurende Maart 2011 gehou is.

AJV_lokaalAfgevaardigdes van al die takke van die GGSA het die vergadering bygewoon. Die gebeurtenis het in die Kerksaal van die NG Gemeente Unitaspark, Vereeniging, plaasgevind.

'n Sosiale geleentheid is op Vrydagaand, 11 Maart 2011, aangebied waartydens afgevaardigdes mekaar kon ontmoet en van naderby leer ken. Aangesien Vereeniging nie te ver van die Rand geleë is nie, en heelwat van die afgevaardigdes daarvandaan gekom het, is hierdie geleentheid ongelukkig nie goed ondersteun nie. Dis egter te verstane dat, met die heersende prys van brandstof, reis- en verblyfkoste tot 'n minimum beperk sou word.

Dit was natuurlik nie onvanpas vir die geleentheid om 'n paar telefoonoproepe te ontvang om uit te vind waar die vergaderplek was en hoe om daar uit te kom nie. Een van die afgevaardigdes was selfs weer sterk op pad terug Johannesburg toe, maar met die nodige aanwysings het hy wel by die regte plek uitgekom! Sy naam sal egter 'n geheim bly.

Die Nasionale Raad (NR) het spesiale T-hemde met die GGSA-logo daarop laat maak. Aan elke afgevaardigde is so 'n hemp uitgereik. Afgevaardigdes van die Tak het hul hemde tydens hierdie geselligheid ontvang. Aan taklede wat met die organisasie van die byeenkoms gemoeid was, is ook hemde, teen 'n 'onderhandelde prys' verskaf.

Die afgevaardigdes wat wel Vrydagaand teenwoordig was, is met braaivleis, pap-en-sous en slaai getrakteer. 'n Volkspelevertoning is deur 'n plaaslike Volkspelelaer gelewer – een van ons taklede is 'n lid van hierdie laer. Twee gedigte is ook deur 'n dogter van 'n taklid voorgedra.

Saterdag se vergadering is weer voorafgegaan deur oproepe om uit te vind hoe om by die vergaderplek uit te kom. Dis seker 'n bewys hoe maklik instruksies misinterpreteer kan word.

Die vergadering het vlot verloop, met kort tussentydse kommentaar deur Dennis Pretorius oor die stand van sake in die Wêreldbeker Krieketwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië. Indië het eerste gekolf en Suid-Afrika aanvanklik laat lesopsê!

AJV_teetydTydens die teepouse en middagete is afgevaardigdes heerlike verversing aangebied. Al die verversings is deur taklede en van hul vriendinne en/of familielede voorberei.

Gedurende die vergadering is sekere toekennings aan individue gemaak wat nie gedurende die gala-funksie die aand teenwoordig kon wees nie. By hierdie geleentheid het beide Ellen Erasmus van Noord-Transvaal en Gideon de Kock van die Oos-Kaap hul Meriete toekennings van die Nasionale President in ontvangs geneem.

Om ongeveer 15:00 is die AJV afgesluit en het diegene wat daarvoor geregistreer het, hul gaan voorberei vir die gala-funksie wat om 18:00 op 'n boot by Stonehaven buite Vanderbijlpark aan die Vaalrivier sou begin. Om sake interessant te maak, het 'n tipiese Hoëveldse donderbui uitgesak wat nét moontlik die verrigtinge in die wiele kon ry. Gelukkig het die donderbui voor 18:00 uitgewoed en kon die funksie op die boot sonder enige ongerief voortgaan.

Terwyl daar nog genoeg daglig beskikbaar was, het die boot kort na 18:00 stroomaf vertrek en kon die passasiers die woonhuise van die rykes aan die oewer van die Vaalrivier bewonder. Net toe die son behoorlik gesak het, het die boot weer by Stonehaven vasgemeer en kon die amptelike verrigtinge begin. Dit het 'n geruime tyd geduur alvorens alle gaste hul sitplekke kon inneem en rustig raak voordat die gasspreker aan die woord gestel kon word,

Die gasspreker vir die aand was Prof. Johann Tempelhoff. Hy is lid van ons Tak en verbonde aan die Departement Geskiedenis aan die Vaalrivier Kampus van die Noord-Wes Universiteit.

Aangesien water so 'n belangrike rol in die ontwikkeling en voortbestaan van die Vaaldriehoek gespeel het en tans nog steeds speel, was dit die tema van ons aanbieding tydens die AJV. Prof. Tempelhoff se toespaak het belangrike aspekte van die ontwikkeling en belang van die Vaalrivier aangeraak. Tydens vraetyd is die probleem wat tans met suurwater aan die Rand ondervind word, opgehaal. Elize Tempelhoff, Prof. Johann se eggenote, het hierdie vrae beantwoord. Sy is 'n Omgewingsverslaggewer by Beeld en dié onderwerp is 'n saak wat haar baie na aan die hart lê. Die onderwerp het haar so reg in die kraal gepas en sy kon dus die nodige antwoorde verskaf.

'n Driegang maal is aan die gaste voorgesit. Drankies was egter vir eie rekening by die kroeg beskikbaar. Algaande het die spanning in Indië tydens die Wêreldbeker Krieketwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië 'n hoogtepunt bereik. Bo verwagting het Suid-Afrika slegs enkele lopies gekort van slegs 'n paar balle om die wedstryd te kon wen! Dennis se versoek was dat hy asb net nog na die paar balle op sy selfoon kon kyk voordat met die amptelike program aangegaan kan word. Dit was immers 'n saak van landsbelang wat uitgesaai was en waarvoor ten minste die meeste aanwesiges die uitslag sou wou weet. Wag dus nog net vir drie balle om geboul te word, asb.

Die hoofdoel van die gala-funksie is die uitdeel van toekennings aan individue vir verdienstelike sake. Toekennings is in verskeie kategorieë gemaak:

Ekstra-Myl:

Hier is daar te veel name om te noem, maar daar was sowat veertig ontvangers van hierdie toekennings.

Meriete:

  • Hercules Jurgens Engela

Overberg families CD

  • Alta Griffiths

Begraafplaas fotokoördinering, indeksering en laai op eGGSA webtuiste

  • FA Smith

Die Smit-familie: Maastricht tot Rustenburg

Uitnemendheid:

  • Joan Augustyn

Publikasie: 'Genealogy of the Franzsen family 1575 to 2010'

  • Lucas Rinken

e-SAGi, stalletjies tydens verskeie uitstallings asook tydens Hobby X Skou

  • Helena Garner

Publikasie: Die Kriels: sommer gewone mense

  • Uitstalspan (Wes-Kaap):

Mariana Olivier (Leier), Alta Griffiths, Eugene du Toit, Lorraine Fautley, Engela v Dyk, Simoné Kay & Anita Slabbert

  • MA Venter

Publikasie: President Brand Begraafplaas & Rusplaas onder die berg, Smithfield

  • Begraafplaas projekspan

Alta Griffiths; Simoné Kay, Andre v Wyk, Annemie Lourens, Dr Dawid de Klerk, Dirk v Rooyen, Johann Claassen, Nicky Lategan, Sasa Malan & William Warrington

Insameling van Begraafplaas projek inligting

Genoot:

  • Dr Shelagh O'Brien Spencer

Publikasie: 'British Settlers in Natal. A Biographical Register, 1824-1857'.
Sy het ook die hoogste opvoedkundige kwalifikasie bereik in die genealogiese veld.

Ere Lidmaatskap:

  • Isabel Groesbeek

Sy het die toekenning ontvang vir haar jare toegewyde diens op GGSA bestuursvlak.

Genealoog van die Jaar:

Genealoog_vd_Jaar_oorhandig

  • Diwwie en Jaleen de Beer

Die toekenning is vanjaar gesamentlik aan hierdie Swaer en Skoonsuster gedoen vir hul navorsing oor die de Beer-familie wat oor 'n periode van sowat veertig jaar tot stand gekom het. Dit het uiteindelik gestalte gevind in die publikasie Die DE BEER-FAMILIE: Drie eeue in Suid-Afrika. Vierde uitgawe 2010.

Nadat die uitdeel van die toekennings afgehandel was, was daar net nog tyd om die nagereg te bedien. Teen 21:00 het al die gaste na 'n heerlike ontspanne aand huiswaarts gekeer.

Hierdie bootvaart op die Vaalrivier was 'n besonderse geleentheid wat terdeë geniet is deur almal wat daar was. Dit was 'n geleentheid wat lank onthou sal word.