Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Hoe om die GSSA Begraafplase op Google Earth te bekyk

View of Barberton

Hoe om toegang tot die GGSA Begraafplaas Inisiatief te verkry deur Google Earth™ te gebruik:

• U benodig 'n moderne rekenaarstelsel met breëband internet toegang of soortgelyke fasiliteit
• Laai die Gratis Google Earth ™ programmatuur af vanaf http://earth.google.com/
• Klik op die lêer GSSA Google Earth Files (191.09 kB) om die GGSA begraafplase op Google Earth™ te sien.

Wat sal die kaart vertoon?

Die GSSA Google Earth™ Kaart open met 'n hoë vlak aansig van Suidelike Afrika met 'n GGSA-ikoon om die ligging van alle GGSA begraafplase aan te dui. Die standaard eienskappe van Google Earth™ kan gebruik word om in of uit se zoem, die beeld te roteer of na verskeie Plekmerke of koördinate te “Vlieg”. Plekke van belang soos op die verstek kaart van Google Earth™ aangetoon, kan ook met navigasie help.

Vir meer inligting hoe om Google Earth™ te gebruik, verwys asb na die Google Earth Dokumentasie.

Oorsig van Suid-Afrikaanse begraafplase op Google Earth

Begraafplaasnaam

Langs die standaard GGSA Wapen sal die Begraafplaasnaam verskyn.

Deur in te zoem in die algemene area van belang sal die ikone uit mekaar gaan en die Begraafplaasnaam sal ook verskyn. Indien daar meer as een begraafplaas op 'n spesifieke plaas is, sal die onderskeidende syfers 1, 2, ens ook verskyn.

Zoem oorsig

 

Kleurkodes van die Begraafplaasname

Die kleurkodes wat vir die Begraafplaasname gebruik word, is soos volg:

Verwerk en Gepubliseer op DVD en Foto Album:

Helder Blou

Verwerk en Gepubliseer slegs op DVD:

Helder Groen

Gepubliseer slegs op Foto Album:

Geel-groen

Nog nie verwerk nie:

Wit

 

 

Die Opwip VensterOpwipvenster

Deur op die GGSA ikoon te klik sal 'n opwip venster met die volgende inligting verskyn:

• Begraafplaas titelinligting: (Plaasnaam, Ligging, Magistraatsdistrik, Provinsie, Land)
• Aantekeningstatus (wissel van “Gepubliseer op DVD & Foto” tot "Nog nie verwerk nie"
• Aantal name in Begraafplaas (op DVD)
• Militêre belang merker
• Web-skakel na die Foto Album wat deur die eGSSA bestuur word (indien foto's van hierdie begraafplaas beskikbaar is)

 

 

Hoe vind ek 'n Begraafplaas waarin ek belangstel?    

Lys LandeEienskappe tans beskikbaar:

• Die standaard pleklys word op die Google Earth bladsy vertoon onder die "Places" sybalk. Dit toon die GGSA begraafplase volgens Land en Provinsie en kan vir name van belang deursoek word. 'n Onderafdeling verskaf meer besonderhede omtrent die begraafplaas se ligging. 'n Enkele klik laai 'n opwip kassie met die nodige inligting.

• Vir verdere hulp met begraafplaasname en -status, verwys asb na die Excel lêers op die Begraafplaasprojek se Hoofblad. Hierdie lêers word maandeliks bygewerk.