GGSA Presidentstoekennings

Elke jaar het die GGSA die voorreg om die prestasies van lede van die genootskap te vier. Gedurende die Gala aand tydens die genotvolle AJV naweek, wat deur die Wes-Gautengtak van die genootskap aangebied was, het die Nasionale President Petro Correjes-Brink  die voorreg  gehad om sertifikate aan sommige van die wenners te oorhandig. Dr David de Klerk het die Genealoog van die Jaar toekenning ontvang vir sy navorsing oor baie jare en die publikasie van sy werk "Van Vogelvalleij na verre velde…".
Sue Mackay het een van die meriete toekennings ontvang vir haar werk oor die Britse Setlaars. Sy is 'n e-GGSA  lid wat nie in Suid-Afrika woon nie maar 'n passie vir die onderwerp het. Richard Wolfaardt en sy span werk aan die afgelope twee jaar aan die passasierslys projek en het ook 'n meriete toekenning ontvang. Hierdie span werk aan die versameling en transkribering van dokumente in die argiewe. Die Noordwestak se begraafplaasspan is vereer vir die versameling en vaslê van begraafplaas data oor die afgelope tien jaar. Hul bydraes het nie net gelei tot die aanvulling van data in die Begraafplaas DVD nie maar het ook bygedra tot die uitbouing van die begraafplaas fotoprojek van die GGSA.
Echard von Fintel van die Natal se Middellandetak is vereer met die toekenning, Genoot van die GGSA, die hoogste eer wat aan 'n lid toegeken kan word. Eckhard het oor baie jare navorsing gedoen en sy werk in veelvuldige publikasies die lig laat sien. Sy bydrae en passie vir die bewaring van die sosiale geskiedenis van 'n gemeenskap is maar een aspek van sy werk wat vermeld kan word.
Die Presidentstoekenning is vanjaar toegeken aan lede wat op takkomitees dien en werk aan projekte. Dit is vir lang diens toegeken wat van  5 tot 25 jaar strek. Twee ander kategorieë wat vermelding verg is spesiale diens aan 'n takkomitee of besondere diens aan die NUK.
Ons wil graag al die ontvangers geluk wens met die toekenning van die sertifikate tydens die AJV van Maart 2013
{artsexylightbox path="/images/stories/GGSAsentraal/Toekennings" cloudCarousel="true" previewWidth="90" autoRotate="true" previewHeight="86"}{/artsexylightbox} Klik op 'n foto om dit te vergroot.