Southern Cape Branch

GGSA SUID-KAAP - Anglo-Boereoolog - George Museum

Die Suid-Kaapse tak van die GGSA het 23 Oktober 2019, 94 persone by sy twee-maandelikse ledevergadering gehad, met die ABO Johan van Zylsenior navorser by ABO Museum sppreek Suid Kaap tak van GGSA toe oor die ABO se bydrae in familie geskiedenisjpegMuseum van Bloemfontein as gassprekers.

Tokkie Pretorius spreek 94 entoesiastiese hoorders toe by GGSA Suid Kaap se ABO bydrae tot Genealogie op 23 Oktober.Tokkie is direkteur van die ABO MuseumOp 'n baie interressante middag het direkteur Tokkie Pretorius van die ABO Museum, en adjunk-direkteur, en navorser, Johan van Zyl, die entoesiastiese gehoor toegelig oor al die gebeure by die museum, en hoe die museum, wat die afegelope jaar deur 55000 besoekers vanoor Suid-Afrika en die wereld besoek is, tans as 'n nasionale bate deur die regering beskou word.  Die GGSA Suid-Kaap het sy grootste bywoning ooit by 'n ledevergadering, wat uit die aard van die saak as bemarkingspoging gesien is,  gehad. 

___________________________

Tokkie PretoriusJohan van ZylbackLorrinda Hakimi and Abrie de Swardt at GSSA Southern Cape meeting on 23 Octoberjpeg

94 people attended the bi-monthly members meeting of the GSSA Southern Cape at the George Museum today,23 October 2019, this is the most attendees in the 6 years of the existence of the branch. It was a great marketing occasion for the Southern Cape branch, and will contribute positively to the future growth of the branch. 

The guest speakers were:

Tokkie Pretorius and Johan van Zyl, senior staff members of the Anglo-Boer Wra Museum in Bloemfontein.Fantastic audience of 94 at GSSA Southern Cape members meeting on 23 October at the George Museumjpeg

 

 

 

 

 

___________________________

Ian Uyspresents his book on the Uys family to Abrie de Swardt.Ian was elected as discussion group leader of the GSSA Southern Cape in Knysna

  • Hits: 2905

Groot belangstelling in familiestories in George

abrie 57020GEORGE NUUS - Groot belangstelling in familiestories is duidelik, soos blyk uit die gehoor van bykans veertig mense, wat die eerste in 'n reeks familiestorie aanbiedings by die George-museum bygewoon het. Die geleentheid op Woensdag 29 Maart, is gereël deur die Vriende van die George Museum, en die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se Suid-Kaapse tak. 

Fred Hill oor sy vader

Fred Hill (junior), seun van die bekende sakeman en stigter van die firma, Hill en Levett, het die verhaal van sy pa, afkomstig van Engeland, en sy entrepreneursvernuf vertel.Hill het die eerste maatskappy op George gevestig en reeds in die 1970's 120 mense in diens gehad - die tweede grootste werkgewer in George. Hy het oor sy vader se skeppende vermoë, en sy belangstelling in die natuur, en gereelde staptogte in die Outeniquas met toeriste en vriende onderneem.Hill was ook deel van die George en Knysna Herald se Groot-stapbyeenkoms van 6 Desember 1969, georganiseer deur die George-atletiekklub onder leiding van die organiserende sekretaris, Abrie de Swardt. De Swardt het foto's getoon van Fred Hill in aksie in die 13 km lange stapwedloop, en by die eindpunt op Outeniquapark.

Abrie de Swardt oor die mense van Gwayang

De Swardt het in sy storie vertel oor die mense van Gwayang-boeregemeenskap tussen 1900 en 1970. Hy het van sy vader, Fanie, en sy moeder, Martha, vertel en oor die bydrae van sy ouers tot die gemeenskapslewe op Gwayang. Sy pa en oom Krisjan, het vir 60 jaar op Gwayang geboer, en die eerste De Swardt, Abraham Jacobus, het hom reeds in 1826 op Gwayang gevestig. Hy was die derde seun van Gaulliume de Swardt, die stamvader van die De Swardts, wat hom in 1772 in Suid-Afrika kom vestig het. Die Laerskool Gwayang was die middelpunt van die gemeenskapslewe, waar konserte, basaars, kerkdienste, troues, begrafnisdienste asook politieke vergaderings gereeld plaasgevind het. Abrie se ma was daar 'n onderwyseres van 1927-1949, en een van haar leerders, Yvonne Meyer, was Woensdag in die gehoor by die George-museum. Abrie het ook oor die noue verwantskap tussen die De Swardts, Bothas, Lamprechts, Standers en Barnards gepraat. Hy het vertel hulle was die kern van Gwayang en het 'n reusebydrae tot George en Suid-Afrika gemaak.  Die Vriende van die George Museum, in samewerking met die GGSA, Suid-Kaap sal op 17 Mei die volgende familiestories-aanbieding om 14:00 by die George-museum hou.  (Die moderne neiging is om na Gwayang as Gwaiing te verwys, maar volgens De Swardt is die oorspronklike spelling, asook die naam van die skool, Gwayang. Red.)

Artikle en photos met dank aan die George Herald

  • Hits: 3334

Heritage Alive Simposium September 2019

Die GGSA Suid-Kaap het op Maandag 2 September 2019 om 1400 sy eerste bemarkings aksie vergadering by die Hartenbos Museum gehou. Die doel was om besprekingsgroep vir Hartenbos/Mosselbaai van die Suid-Kaapse GGSA tak te stig. Dit is gedoen, met Sias Coetsee as besprekingsleier. Tans het ons daar reeds vyf nuwe lede gewerf, en na die week se artikel in die Mosselbaai Advertiser glo ons daar gaan nog mense aanslluit.

IMG 1176Ons het ook op 5/6 September bemarkingswerk by die #Heritage Alive simposium van die Vriende van die George Museum, waarvan die GGSA Suid-Kaap 'n stigterslid is, en Abrie de Swardt ook voorsitter is, gedoen.

We had 120 attendees on 5 September and 110 on 6 September at our two-day symposium with 21 speakers on various subjects about our heritage. 20190905 083006Abrie de Swardt was one of the speakers discussing the GSSA, the activities of his branch, and the GSSA in general. The response to the symposium was unbelievable, we had seating for 100 attendees, and we had to make place, and carry in chairs for 20 extra on day 1 and ten extra on day 2!

It was a great success and we managed to get a person who will be responsible to start a Riversdale/Still Bay discussion group for us, as well as a Knysna/Plett group. We will arrange a meeting with these two groups in the near future to broaden our branches activities. Our Oudtshoorn-group meeting will also be finalised soon.

IMG 1168

erkenning aan George Herald.  Fotos geneem deur fotograaf / joernalis, Eugene Gunning.

  • Hits: 2993

Suid-Kaap vier Genealogie 50

{artsexylightbox path="images/stories/Suid-Kaap/GGSA50jaar" previewWidth="160" previewHeight="160"}{/artsexylightbox}

Abrie de Swardt.
Klik op die foto om te vergroot-Foto geplaas met erkenning aan die Eden Express van George. Die 50ste verjaarsdag van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) is op Woensdag 18 Junie 2014 behoorlik gevier deur die Suid-Kaapse tak in ‘n feestelike middagete en viering by die Coffee and More Koffiehuis opGeorge.
Tydens die feestelike vrolikheid tussen 1200 en 1400 is ‘n terugblik gelewer oor die eerste dekades van die werk van die Genealogiese Genootskap, deur een van sy eerste nasionale sekretarisse, Alex Smith, wat hom in die afgelope paar maande op George kom vestig het. Smith het as gasspreker opgetree, en het vertel van die vroeë dae en die betrokkenheid van die bekende dr Cor Pama, skrywer van die “Groot Afrikaanse Familienaamboek” en ander stigterslede van die GGSA. Hy het ook uitgebrei oor die interessante eerste dae van ‘Familia”, en hoe die tydskrif bekend gestel en versprei is. Verder het Alex oor sy eie familiegeskiedenis vertel, en van sy Sweedse oupa wat vir hom na die Eerste Wêreldoorlog in Suid-Afrika ‘n tweede vrou kom vat het. Na drie dekades van navorsing oor sy Sweedse familie het hy vyftien jaar gelede op sy oupa se spoor en foto, wat hy aan almal gewys het, afgekom. Alex Smith het reeds verskeie skenkings aan die Suid-Kaapse tak vir ons eie biblioteek gelewer, wat baie uitgawes van Familia en ander tydskrifte oor genealogie insluit.
Met die hulp van Wilkie Barkhuizen (onder-voorsitter Suid-Kaap GGSA), en Chris Hattingh, entoesiastiese koster van die historiese meer as 200jarige NG Moederkerk op George, is daar vanaf 1200-1215 ‘n klokkespel uit die toring van die kerkgebou gewees om die vyftig jaar van genealogie luisterryk te vier. Terwyl die kerkklokke oor George gebeier het, het 32 aansittende entoesiastiese Suid-Kaapse taklede en vriende op voorstel van Abrie de Swardt, voorsitter Suid-Kaap se tak, GGSA, 'n glasie sjampanje gedrink en geskink op die vyftig jaar van familiegeskiedenis binne die GGSA. Daar was baie vrolikheid en saampraat, met pragtige gedekte tafels onder leiding van die Suid-Kaapse tak se voorslag sekretaresse, Mandy Jansen.
Met heerlike kos opgedis deur Coffee and More, kon lede vir twee ure met baie opwinding saamgesels, en is verskeie moontlikhede bespreek hoe die Suid-Kaapse tak sy wortels verder oor verskeie dorpe van die Suid-Kaap kan uitbrei. Op 20 Augustus word ‘n gesellige vergadering in die Dias Museum op Mosselbaai beplan van 1400-1600, wat ten doel sal hê om ledewerwing met aktiwiteite van Mosselbaai tot Stilbaai te doen. Die bestuur beplan om in noue samewerking met die museums, en ander naby belangstellende organisasies, soos die Outeniqua Historiese Vereniging verdere bouwerk aan familiegeskiedenis onder Suid-Kapenaars te verrig.

  • Hits: 11004

Bestuur 2014

{artsexylightbox path="images/stories/Suid-Kaap/Bestuur2014" previewWidth="160" previewHeight="140"}{/artsexylightbox}

Die Suid-Kaap Tak het tydens sy April Bestuursvergadering by die George Museum‘n baie groot bronne skenking ontvang. Die materiaal sluit in boeke oor families, Famileas en internasionalebronne oor familiegeskiedenis, wat baie vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Die skenkings is gedoen deur Alex Smith, voormalige nasionale sekretaris van die GGSA, wat hom pas op George kom vestig het en ook ons nuutste lid is, en Lynn Thompson, bekende argivaris en lid van die Outeniqua Historiese Vereniging. Op die foto  is die Suid-Kaap Tak se bestuur saam met die skenkers. Voor vlnr is: Patric Cuthbert (tes.), Mandy Jansen (sekr.), Abrie de Swardt (voors.). Agter vlnr is: Estelle Melville (Bibliotekaris), Alex Smith (skenker), Lynn Thompson (skenker) en Wilkie Barkhuysen (o/voors).
Klik op die foto om te vergroot.

 

  • Hits: 10398