Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Genealogie- & Familie-Erfenisfees

Genealogie- & Familie-Erfenisfees 2017: NOORD-TRANSVAALTAK BRING SY KANT - Otto Diedericks se ervaring.

  Dit was soos altyd weer 'n hoogtepunt vir die Noord-Transvalers om deel te hê aan hierdie Fees wat deur Isabel Groesbeek organiseer word. Dit was veral goed om mede-genealoë in die oë te kyk en saam te kuier, gedagtes te wissel en dan lekker na die tyd saam te eet. Dit was verder ook 'n spesiale dag deurdat dit die 10de keer was dat Isabel die fees aanbied! Hiervoor het ons vir haar blomme oorhandig namens die GGSA. Isabel het selfs 'n 10-jaar verjaardag koek gehad, kersies en al, wat ons as nagereg genuttig het tydens die ete. (Isabel se afsluit-ete het nou 'n instelling geword!)
Die stalletjies van die Noord-Transvalers was hierdie keer langs mekaar en dit was lekker. Die een kon mense aan "pass" na die volgende stalletjie en so kon baie vrae beantwoord word. 8 Besoekers het daar en dan by die N-Tvl Tak aangesluit.
  Heelwat besoekers het by die Tak se stalletjies aangedoen en dit was goed om mense te ontmoet wat met geesdrif van hulle eie navorsing vertel het. Soos altyd is daar besoekers wat vashaak met hul navorsing en hulp soek om oor die spreekwoordelike muur te kom of ekstra hulp nodig het met rekenaar programme. Veral "watse program moet ek gebruik?" 
  Ek het vooraf 20 CD's gesny (het net 4 oor!) met Rekenaar inligting, Sagteware om te gebruik (Legacy, Rootsmagic, PAF, Ancestry Family Tree), Handige Webwerwe asook my dokument waarin onder andere, "Waar om te Begin?" ingesluit is. (Daar is ook voorbeelde van ‘n Gesinsblad en Kwartiertaat wat uitgedruk kan word.). 
Om na al die besoekers se stories te luister was net so lekker! Ek het agtergekom dat mense na die fees toe kom om vir hulp te soek met verlore skakels. Daarom is dit iets waaroor ek in die toekoms baie meer voorbereid wil wees - met elke soort databasis tot my beskikking, indien nie op my rekenaar nie, dan op die internet. Ek het hierdie keer sommer op my selfoon se Hotspot aangeteken. (Dit sal egter makliker gaan indien ons die gemeente se WIFI kan gebruik - iets om te oorweeg in die toekoms).
Inligting wat baie handig is/was:
1. NAAIRS - vir boedel soektogte. https://www.nationalarchives.gov.za/node/737.
2. Begraafplaas DVD.
3. SAG en SAF – dit is net moeilik om al die SAF CD’s in-en-uit die hele tyd, maar tog ‘n fantastiese bron.
4. Identitynumber.org - vele soektogte daar sou antwoorde op die dag verskaf.
5. eSAGI het ook al baie gehelp.
6. 1984 Kieserslys.
7. www - vir ander soektogte soos op FamilySearch.
8. GGSA se 2005 Navorsingsverwysingsgids, alhoewel verouderd, is dit 'n goeie begin. Daarmee saam die huidige GGSA Databasis se Belangelys. 
  Ek dink besoekers verloor belangstelling indien hulle nie dadelik gehelp kan word nie. Met enige hulp wat jy verskaf, kom hulle egter agter hulle hoef nie op hulle eie te stoei nie maar kan by ons tak aansluit en ander se hulp so bekom. Dit lyk my min weet van die GGSA! Ek kon ook mense daarop wys dat hulle navorsing iewers elders beskikbaar en gestoor moet wees, veral as hulle tot sterwe sou kom, sodat dit nie verlore moet gaan nie. 
  Om af te sluit, daar is beslis meriete om Genealogie Feeste te hou. (ALMAL het immers ‘n familie). Elkeen wat familie navorsing doen moet by die genootskap aansluit en beslis een keer in sy lewe so ‘n Fees bywoon. Hiermee klink ons ‘n glasie op hierdie wonderlike stokperdjie. 
Klik op die Foto's om te vergroot

imageimageimageimageimageimageimage