Sue Mackay se mees onlangse transkripsies uit die South African Commercial Advertiser is by haar reeds bestaande groot versameling transkripsies uit ou Kaapse koerante gevoeg. Transkripsies word gedoen van ou Kaapse koerante waarvan die oorspronklike uitgawes in die Britse Nasionale Argief te Kew gehou word.

Die uittreksels handel hoofsaaklik oor inligting omtrent individue, soos geboortes, huwelike en sterfte aankondigings. Dit bevat ook ander interessante brokkies nuus soos byvoorbeeld die Veldkornetverslae gedurende 1837 wat handel oor families wat die Oos-Kaap verlaat het om na die binneland te trek.

Hierdie transkripsies (slegs in Engels) is in die eGGSA Biblioteek - Koerante Afdeling beskikbaar waar 'n soekfunksie u in staat stel om deur al hierdie koerantuittreksels te soek.

Ons hartlike dank aan Sue vir die enorme hoeveelheid tyd en energie wat sy aan hierdie waardevolle projek gewy het, en nog steeds wy, om die inligting aan ons almal beskikbaar te stel.